Kubaanse ingenieurs kos SA miljoene

Die Departement Water en Sanitasie se Minister Lindiwe Sisulu het  ʼn media konferensie gehou om die 24 Kubane, wat glo ingenieurs is, te verwelkom.

Die Kubane sal glo behulpsaam wees met die opgradering van stelsels omdat die ANC regime nie bereid is om van die blanke kundigheid in Suid-Afrika gebruik te maak nie.

Die Kubane sal ook glo gemoeid wees met die opleiding van werkers sodat die vervalle infrastruktuur in water en sanitasie verbeter kan word, en klaarblyklik daarna behoorlik in stand gehou gaan word.

Die 24 Kubane sal Suid-Afrika se belastingbetalers sowat R64,7 miljoen kos, en bedenkinge bestaan of die koste geregverdig sal wees.

Die hoop is uitgespreek deur opposisiepartye dat die 24 Kubane nie dieselfde “lui en onwillige” houding sal openbaar as wat die vorige klomp in die Vrystaat gedoen het nie.

Waarnemers wys daarop dat die ANC regime met die inbring van Kubane twee belangrike erkennings doen. Hulle erken dat hulle mense aangestel het om die water en sanitasie te bestuur, maar uiters onbevoegde mense met die werk belas het.

Hulle het ook erken dat hulle nie van blankes in Suid-Afrika se kundigheid wil en sal gebruik maak nie, want die haat teen blankes is ʼn onverbloemde werklikheid, word gesê.