Kosovo kry jong dame as president

Vir die eerste keer sedert Kosovo onafhanklikheid verkry het, is ʼn vrou as president van die land verkies, en asof dit nie genoeg is nie, is die dame slegs 38 jaar oud.

Die charismatiese leier het die ondersteuning van parlementariërs geniet tydens ʼn stemming wat deur die Serwiese Party geboikot is.

Die voormalige president, Hashim Thaci, het die amp in November neergelê nada thy skuldig bevind is van oorlog misdade.

Die 38-jarige president Vjosa Osmani is ten gunste van hervormings in die land en is ʼn prokureur van beroep, wat tydens die parlement se stemming deur die konserwatiewes ondersteun is.

Sy het 71 stemme uit die totaal van 120 parlementslede op haar verenig, en omdat die president se amp hoofsaaklik meer seremonieel is, het sy tog ook die taak om die land se bevelvoerder van die weermag wees en word beskou as een van die land se mees senior diplomate.

Sy is bekend daarvoor dat sy sedert haar skoolloopbaan as aktivis begin het en met haar studie aan die universiteit van Pristina het sy regte studeer en haar meestersgraad verwerf .