Konserwatiewes soek Merkel se opvolger

Die uittrede van die Duitse Bondskanselier, Angela Markel, het die konserwatiewe element in die Christen Demokrate Unie laat rondskarrel om die regte persoon aan te wys om haar op te volg.

Merkel se mees lojale ondersteuner, Armin Laschet en die konserwatiewe Markus Söder het albei gesê hulle is gereed om die plek van Merkel te beklee.

Söder is nie net ʼn stewige konserwatiewe nie, maar ook die Bavaria leier wat ʼn sterk aanhang geniet.

Die twee partye, die Christen Demokrate Unie en die Christen Sosiale Unie van Bavaria is nou voor die finale besluit wat geneem moet word.

Die afgelope naweek is die aangeleentheid indringend bespreek, en alhoewel geen besluite geneem is nie, is die konserwatiewe elemente in Duitsland gespanne oor wie uiteindelik vir kanselier Merkel sal opvolg.

Die oorweging is nie net oor wie die opvolger moet wees nie, maar ook of die konserwatiewe leier die beste opsie is om die CDU en die CSU in die regeringstoele sal bly.