Kom die regering tot insig?

Die Minister van Openbare Dienste en Administrasie, Senzo Mchunu, sê dat die ANC regering het nie geld vir salaris verhogings nie.

Hy sê die regering het effektief uit opsies gehardloop wanneer dit kom by salarisse wat verhoog moet word.

Die minister sê die land staar nog ʼn verslegtende finansiele stand in die gesig wat ook die fiskale stand sal benadeel.

Die regering gaan glo met vakbonde onderhandel en waarsku sommer vooraf dat die regering se hande vasgebind is.

Senzo Mchunu wys daarop dat dit die moeilikste onderhandelings tussen regering en vakbonde is wat die land nog gehad het.

Die belangrikste faktore wat hiervoor verantwoordelik is, is glo die swak stand van die land se ekonomie. Daarby het die koronavirus pandemie sy bydrae gemaak om die finansiële stand verder te versleg, en die regering het agter geraak op sy skedule van die begroting, is alles faktore wat veroorsaak dat die land nie geld het vir verhogings nie.

Ekonomiese deskundiges sê wat die minister nagelaat het, is om te erken dat die ANC se skelms die land met korrupsie en diefstal in die verarmde toestand gebring het, en sy oorbevolking van sogenaamde werkers in die staatsdepartemente en Staats entiteite is die kern van die krisis, tesame met die algehele onkundigheid wat heers onder die grootste aantal werkers.