Karibiese eiland bedreig met vulkaan

Die Karibiese eiland bekend as St Vincent, word ernstig bedreig met die moontlikheid dat ʼn vuurspuende berg sy vulkaniese uitbarsting kan begin.

Die ontwrigting het die naweek begin na dekades van stilte en nonaktiwiteit, toe die eerste donker wolke van swaar rook en as die ruimte ingeblaas is wat duisende mense gedwing het om die omgewing te verlaat.

 Die vulkaan wat sedert 1979 dormant was, het egter die afgelope paar maande stadig begin om tekens te wys van aktiwiteite met ʼn swaar gerammel en later die gesig van rookwolkies wat die lug in geblaas word.

Die afgelope week het die vulkaan egter veel lewendiger geword, en die eiland se Eerste Minister het ernstige waarskuwings uitgestuur dat mense die gebied moet verlaat.

Die Wes-Indiese Seismiese Navorsing Sentrum sê  die vulkaan se aktiewe uitbarsting kan enige tyd verwag word, en die huidige stand kan nog vir maande voortduur, en dalk nie tot uitbarsting kom nie.

Die eerste uitbarsting van kokende lawa het mense genoodsaak om die gebied te verlaat, en wetenskaplikes sê die uitbarstings kan weke of selfs maande lank duur.