Jordanië se politieke krisis beëindig

 Koning Abdullah II van Jordanië het in ʼn televisie onderhoud sy eerste openbare opmerkings gemaak oor die beweerde kaping wat deur sy half-broer, Hamzah, uitgevoer wou word.

Die 59-jarige monarg het bevestig dat die kapings drama beeindig is en dat die paleis skoon is van moontlike vyandelikes.

Gesaghebbendes het die half-broer Hamzah, wat vroeër die kroonprins was,  dat hy gepoog het om die koninkryk omver te gooi en die veiligheid bedreig het.

Minstens sestien persone is gearresteer wat betrokke was by die poging om die kaping suksesvol uit te voer, terwyl die half-broer in die paleis is en “onder spesiale sorg” geplaas is.

Die koning het beklemtoon dat alles onder beheer is en “dat die land waarop hulle trots is, veilig en stabiel is, en dat die uitdagings van die vorige paar dae tog nie die moeilikste tyd was om weer gestabiliseer te word nie.

Die kaping het gekom nadat die koning in 2004 sy halfbroer se kroonprins status van hom ontneem het en oorgedra het na sy oudste seun.