J&J hou Europese aflewerings terug

Die Farmaseutiese entstof vervaardiger Johnson & Johnson het bevestig dat hy voorlopig die aflewering van entstof aan Europa terughou.

Die entstof wat anders as ander entstof soorte, slegs een dosis nodig het teen die koronavirus, is allerweë beskou as die beste opsie aangesien dit nie onderhewig is aan baie lae temperatuur vereistes vir stoor daarvan nie.

Met die jongste bevinding dat enkele gevalle aangemeld is van die voorkoms van bloedklonte nadat inenting gedoen is, het die J&J vervaardiger besluit om voorlopig sy aflewering aan Europese lande terug te hou tot duidelikheid verkry is oor die voorkoms van bloedklonte.

J&J se woordvoerder het gesê hulle is bewus van die enkele gevalle waar bloedklonte voorgekom het na inenting, word nou deeglik ondersoek met die samewerking van Europese gesondheidsdienste.

Die par gevalle wat voorgekom het, is gekenmerk dat  bloedklonte sowat twee weke na inenting ontstaan het, en verskeie state in die VSA het ook besluit om eers die inenting met J&J entstof terug te hou.