Iran produseer verrykte uraan ondergronds

Iran het begin om verrykte uraan te produseer met ʼn gevorderde IR-2m masjien by sy ondergrondse Natanz aanleg, sê die Verenigde Nasies se afdeling wat atoom ontwikkeling in die wêreld moniteer.

Dit is die jongste aankondiging van Iran om druk uitoefen op die VSA se president, Joe Biden, om daarmee die omstandighede te onderwerp aan toetse van wie eerste ʼn skuif gaan maak om ʼn kernverdrag (of ooreenkoms te sluit.

Ingeligte bronne beweer dat Iran die uitsprake maak om die VSA te dwing tot optrede, veral in die lag daarvan dat president Trump se administrasie die huidige spanning veroorsaak het.

Dit is bekend dat Iran aansienlik meer verrykte uraan produseer as wat in die Obamma ooreenkoms aangedui is, wat glo gedoen is om die VSA te tart en te dwing tot hernude samesprekings.