Iran lê beslag op Suid-Koreaanse skip

Die Suid-Koreaanse olietenkskip, Hankuk Chemi, is op beslag gelê deur Iran se owerheid, maar volgens ʼn Koreaanse woordvoerder is die skeepskaptein en sy bemanning ongedeerd.

Die skip is na maande nou weer vrygelaat om verder te vaar, het die Minister van Buitelandse Sake in Suid-Korea gesê.

Iraniese magte het die skip reeds in Januarie vanjaar gestop en daarop beslag gelê in die Straat van Hormuz toe dit onderweg was van Saoedi-Arabië na die Verenigde Arabiese Emirate.

 Die bemanning sowel as die skip met sy vrag olie is ongehinderd aangehou, en kon die naweek vertrek na sy bedoelde bestemming.

 Iran het volgens deskundiges die olietenkskip gestop om reaksie te ontlok, maar het later flou verskonings aangebied waarom die vaartuig nie eerder toegelaat is om te vertrek nie.

Woordvoerders van die owerheid in Iran sê die skip is gestop weens omgewing besoedeling, wat geensins bewaarheid kon word nie. Die skip is later vrygelaat sonder dat enige voorsorgmaatreëls getref is om die omgewing se besoedeling te beëindig nie.