Iran het 60% verrykte uraan

Asof die regering van Iran besig is met die uittarting van die VSA regering, het hy aangekondig dat hy oor 60% verrykte uraan beskik en sê die Islamitiese Republiek is trots daarop.

Die aankondiging het die spanning in die Midde-Ooste verder verhoog nadat die kern-aanleg in Iran verlede week met ʼn missiel aangeval is.

Mohammad Baqer Ghalibaf sê hy was trots op Iran se uraanverryking van tot 60% alhoewel die Obama ooreenkoms wat tans nie geldig is nie, die verryking op minder as 10% gestel het.

In sy aankondiging sê Mohammed dat Iran trots is op die jong wetenskaplike wat die vorige nag bekend gemaak het dat die verrykings aanleg daarin kons slaag om uraan te verryk tot 60%.

Wetenskaplikes wys daarop dat die aankondiging beteken dat Iran nou sy hoogste verrykings vlak van uraan bereik het, en sê dit is ʼn nuwe situasie wat hanteer moet word wanneer onderhandelings tussen Westerse land en Iran hervat.

Ten einde ʼn kernwapen te vervaardig, moet verrykte uraan minstens 90% bereik voor dit doeltreffend sal wees.