Iran gewillig vir kern ooreenkoms in Wene

Te midde van vorige dreigemente wat Iran as voorwaardes gestel het vir verdere onderhandelinge oor ʼn kernwapen ooreenkoms, het die land se leiers tog ingestem om in Wene aan te sluit by die Westerse lande.

Die instemming van Iran om in Wene deel te neem aan die onderhandelings word beskou as ʼn eerste oorwinning vir Westerse lande, en die Verenigde State van Amerika sal ook sy afgevaardigdes stuur.

Die onderhandelings in die Oostenrykse hoofstad Wene word as ʼn geskiedkundige gebeurtenis beskou nadat die VSA onder die Trump-administrasie onttrek het uit die vorige ooreenkoms wat deur Barack Obama aangegaan is met Iran.

Die lande China, Frankryk, Duitsland, Rusland, Brittanje die Europese Unie en Iran het almal verlede Vrydag kennis gegee dat hulle die vergadering in Wene sal bywoon, maar met die ter perse gaan hiervan het die VSA nog nie ʼn finale antwoord gegee nie alhoewel hy voorheen gesê het hy is gereed om met Iran te onderhandel.

Later is berig dat die VSA wel te kenne gegee het dat sy afvaardiging ook teenwoordig sal wees.