Iran blameer Israel vir aanval op aanleg

Iran het die blaam op Israel gesit die vorige dag vir die aanval op sy ondergrondse Natanz kern verrykings aanleg, en gewaarsku dat dit sal lei tot weerwraak.

In ʼn lywige verklaring sê Iran dit is natuurlik die Sioniste se regering in Israel wat nou wil help om te voorkom dat die VSA sy sanksies teen Iran ophef.

Iran se Minister van Buitelandse Sake, het tydens ʼn media konferensie gesê dit is die eerste beskuldiging wat teen Israel ingebring word na die insident van die afgelope naweek waarin krag onderbrekings regoor die aanleg plaasgevind het.

Die hoof van die Iraniese Atoom Energie Organisasie, Ali Akbar Salehi, sê die aanval op die aanleg is ʼn daad van kernwapen terrorisme. Hy het egter meer versigtige woorde gekies, en nie enige land of persoon genome as aanvaller nie, maar sê die skuldiges is wel geïdentifiseer.

Hy het later gesê die skuldige is geïdentifiseer en sal eersdaags gearresteer word, maar daarvolgens wil dit vir politieke ontleders eerder lyk of individuele persone betrokke was by die aanval.