Inkomstediens neem nog stappe

Die Suid-Afrikaanse Ontvanger van Inkomste se hoof, Edward Kieswetter, het aangekondig dat hy Regter Dennis Davis op ʼn meer permanente basis gaan betrek by belasting invordering.

Die maatreël kom in plek met die doel om die verklaarde beleid tot uitvoer te bring wat beteken ʼn groter fokus word op welgestelde belastingbetalers gerig.

Die regter is onlangs by die Davis Belasting Komitee betrek wat dit ten doel het om Suid-Afrika se belasting beleid en die raamwerk daarvan te ondersoek en op te gradeer wat ook volhoubaarheid en ontwikkeling van die stelsels sal bevorder.

Jean du Toit, hoof van die Belasting Tegnologie en Belasting Konsultante sê dit bring die nodigheid om die regter meer permanent in SAID te betrek.

Met die afgelope tyd se uittog van hoë profiel amptenare uit die SAID, kan dit nie bekostig word dat die kundigheid verlore gaan nie, en dit het vereis dat nuwe tegnologie ingespan word, is gesê.