Indië se Covid krisis vererger

Die toestand in Indië is besig om ʼn chaotiese toestand te veroorsaak wat klaarblyklik nou onbeheerbaar geword het, en die onverskilligheid waarmee duisende mense omgaan, vererger die krisis tot so ʼn mate dat die infeksies nou nuwe hoogtes bereik het.

Die daaglikse sterftes het nou verby die 2,100 per 24 uur vermeerder, en infeksies het reeds die 315,000 merk per 24 uur tydperk bereik.

Hospitale is oorvol, en suurstof voorsiening hopeloos te min om aan die behoefte te voldoen. Nagenoeg 150 silinders word daagliks gevul met suurstof, maar hospitale benodig glo 700 silinders per dag.

Duisende mense met sterk geloofsoortuigings drom saam by waterstrome, en honderde word tydens so ʼn geleentheid waar niemand ʼn masker dra, of afstande hou van mekaar nie, met infeksie besoedel.

Die regering van Premier Modi war geblameer dat hulle te lank gewag het en nie dadelik met strenger maatreëls begin het toe wetenskaplikes en geneeshere gevra het vir daadwerklike optrede nie.