Indië registreer rekord infeksie gevalle

Die derde pandemie wat in Indië ondervind word, het nou sy hoogste infeksie getalle na vore gebring, en met die jongste syfers bekend, is aangekondig dat 145,384 nuwe infeksies binne die 24 uur tyd aangemeld is.

Die land se sterftes weens die infeksie van koronavirus, het in dieselfde 24 uur tydgleuf 794 lewens geëis.

Die sterftes het nou reeds meer as 169,000 gevalle vir die afgelope vyf maande geregistreer, en meer as 13 miljoen mense in die land het infeksie opgedoen, wat die derde hoogste in die wêreld is. Die VSA is in die eerste plek, met Brasilië tweede.