Hulle wil Ramaphosa afdank

“Net die ANC Kongres kan my afdank”, het die president die naweek gesê na aanleiding van die eis wat sekere lede stel om ontslae te raak van hulle president.

Ramaphosa verkeer onder hewige kritiek wat waarskynlik uit die geledere van die Zuma-kamp afkomstig is, en met sy onlangse uitspraak oor lede wat moet kies of hulle gaan bedank of geskors moet word, het die teenaanvalle verskerp.

Die president het dit duidelik gestel dat die Kongres die enigste liggaam is wat oor die mag beskik om van hom ontslae te raak, en dit word volgende week by die ANC konferensie bespreek.

Die uitspraak van Ramaphosa bevestig net weer die ernstige verdeeldheid wat bestaan, en met Ace Magashule wat volgend bronne reken om die volgende president te word, kan die politiek in SA ʼn gevaarlike kinkel kry.

Ramaphosa word nou ook daarvan beskuldig dat hy nie verlede jaar se belofte nagekom het om gebaretaal as amptelike taal erken te kry nie, en word ook verkwalik omdat hy belowe het om die polisiediens te vernuwe waarvan nog niks sigbaar is nie.