Hof uitspraak: Hong Kong demokrate skuldig

ʼn Hof in Hong Kong het sewe pro-demokratiese inwoners skuldig bevind dat ulle betrokke was met die bywoning van ʼn ongemagtigde vergadering.

Die sewe was glo betrokke by die organisering van ʼn protes optog in 2019 waarby 1,7 miljoen mense die strate van Hong Kong oorheers het.

Die pro-demokrate word swaar belas deur die owerheid en sedert die Sjinese wette toegepas word in die stad, word die gebeure van twee en drie jaar gelede gebruik om leiersfigure te straf.

Een van die sewe demokrate, die 82-jarige Martin Lee is ook skuldig bevind dat hy betrokke was by die organisering van die verset optog.

Verskeie voormalige parlementslede van die pro-demokrate vorm deel van die organiseerders wat nou aangekla word, maar die pro-demokrate het aan die media gesê hulle sal voortgaan om verset te pleeg aangesien die kommunistiese regering met oneerlikheid die stad regeer.

Martin Lee is alom bekend as die “vader van Hong Kong se demokrasie, maar dit wil lyk of die kommuniste nou vasbeslote is om die pro-demokrate se monde te snoer.

“Hulle kan ons in die tronk sit, maar kan nie ons geloof in die demokrasie tronkstraf oplê nie”, het Lee later gesê.