Hoeveel gaan SA kry?

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het aangekondig dat hy gereed maak om sy lidlande, en veral die lae-inkomste nasies, te help om die terugslag van die Covid-pandemie en ander finansiële knelpunte te verlig.

Die IMF beplan om sowat $650 miljard (R9,750 miljard) beskikbaar te stel om die lande se ekonomieë weer op dreef te probeer kry.

Die fondse sal; glo onder die waaksame oog van die IMF onder lande versprei word, op ʼn basis wat gelykstaande is aan elke land se ekonomiese uitset status.

Slegs 42% van die totale bedrag sal uiteindelik by die ontwikkelende lande ingedeel word, terwyl die grootste deel tog in die gevorderde ekonomieë gestort sal word.

Dit kan Suid-Afrika tydelik van hulp wees, maar die wanbestuur van die land se verskillende departemente is die struikelblok wat tot hede nie oorbrug kon word nie.