Groenland verkiesing bring dalk groot nuus

Die kiesers van Groenland het na die stembus gehaas in die vervroegde algemene verkiesing wat Dinsdag gehou is.

Die uitkoms van die verkiesing kan aanleiding gee tot ʼn besluit om die Kvanefjeld myn projek te begin in die berge wat tot hede nie aangeraak is nie.

Die regerende Sosiale Demokrate en die grootste opposisieparty verskil oor die wenslikheid om met die projek te begin wat kan lei tot die lewering van minerale waarvan daar ook enkele baie skaars soorte in die wêreld is.

Die projek behels die vestiging van ʼn groot myn kompleks wat opgerig kan word in die Kvanefjeld omgewing indien die regerende party die verkiesing sou verloor.

Die vermoede bestaan dat die projek die grootste uraan kan lewer en verskeie ander skaars soorte minerale, maar slegs die uitslag van die verkiesing en die besluit van die wenner sal bepaal of die moontlikhede werklikheid word.

Baie mense is gekant teen die aktivering van die myne wat in die suide van die eiland sal ontstaan, terwyl ander glo die tyd is reg om daarmee te begin sodat Groenland se ekonomie kan verbeter na die pandemie se negatiewe gevolge.

Van die minerale wat skaars is, word tans net in Sjina gemyn en word deur die land gedomineer, en kan die Groenland projek ook ʼn einde bring aan die monopolie, word gesê.