Groenland opposisie wen verkiesing

Die hoop by menige kiesers van Groenland dat die regerende party die verkiesing wen, is vernietig toe die uitslag gekom het dat die linkse opposisieparty die algemene verkiesing gewens het.

Met die aankondiging het die hoop vervaag dat die myn in die suidelike berge van die eiland ontgin sou word, ook van die baan is – ten minste voorlopig.

Die opposisieparty is nie ten gunste van die ontginning nie, en daarmee is die verwagtinge verlore dat nuwe werkgeleenthede en nuwe markte geskep sou word met die skaars soorte minerale wat ontgin kan word.

Die grootste opposisie party het byna 37% van die stemme getrek met sy veldtog om nie die myne te ontgin nie, en het daarmee die regerende Sosiaal Demokrate uit die kussings gelig.

Die 34-jarige Mute Bourup Egede, leier van die opposisie wat nou die regering sal saamstel, het aan die media gesê die Kvanefjeld Myn Projek sal nie voortgaan onder sy bewind nie.