Geen verhoging vir ANC president

Lede van die ANC regering onder president Ramaphosa se uitvoerende gesag, die premiers en parlementslede sowel as regters en landdroste gaan glo nie verhoging in salarisse kry nie.

Die president uitvoerende lede se R165 miljoen bly onveranderd, en die ander hoë posbekleërs se R12 miljard bly ook onveranderd.

Die reeling is glo as gevolg van die pandemie wat die land se swak ekonomie nog verder verswak het, en word waarskymlik ook gedoen om as voorbeeld te dien vir staatsamptenare wat sit en wag om verhogings te kry.

Vakbonde het reeds begin om dreigemente te uiter as hulle lede nie salaris aanpassings kry nie, en kenners reken die magstryd sal weer afspeel tussen vakbond leiers en ANC politici oor verhogings wat die land nie kan bekostig nie.

Finansiële deskundiges reken die regering moet begin met besparings deur die massa werknemers wat in die staatsdiens is, drasties te verminder, om daarna weer te kyk na vergoeding vir diegene wat in diens bly.

Munisipale raadslede regoor SA se totale vergoeding beloop R7 miljard, en die 75 lede in die Ramaphosa se uitvoerende gesag ontvang gesamentlik R165 miljoen.