Geen teken van derde pandemie

ʼn Professor aan die Wits Universiteit het die naweek gesê daar is geen teken van ʼn moontlike derde pandemie van die koronavirus nie, maar dit beteken nie dat die derde een permanent weg i nie.

Die maatreëls wat ingestel is om die Paasnaweek meer veilig te hou vir infeksie verspreiding se resultaat is nog nie gevind nie, maar die infeksies by universiteite is wel ʼn rooi lig wat flikker.

Die afgelope paar dae wat die infeksies minder as 1,000 per 24 uur en sterftes het skerp gedaal en was op ʼn stadium slegs 8 gevalle per 24 uur tydperk.

Geneeskundiges waarsku egter dat ʼn oorgerustheid, soos wat in Europa gevind is, uiters gevaarlik kan wees, want tans is die derde pandemie verwoestend in lande soos Frankryk en Duitsland.

Suid-Afrika kan nie bekostig om nou te verslap nie en behoort die versigtigheid te handhaaf, maar die onverskilligheid by studente verbonde aan universiteite behoort ernstige optrede te vereis van die universiteit owerhede.

 Die meer as 150 infeksies wat by Tukkies geidentifiseer is, is genoeg rede om bekommerd te wees dat ʼn derde pandemie kan uitbreek, sê geneeshere van Pretoria.