G7 waarsku Rusland oor Oekraine

Die top diplomate van die G7 groep van lande wat ekonomiese sake behartig, sê Rusland moet onverwyld onttrek om die spanning op die grensgebied met die Oekraine te verlig.

Die wêreldleiers het Rusland ernstig gewaarsku en selfs gedreig dat hulle Rusland permanent uit die voormalige G8 groep gaan verwyder as hy nie die spanning verlig nie.

 Rusland was deel van die G* groep van lande, maar met sy betrokkenheid by die konflik van 2014 in die Oekraine, is hy geskors en met sanksies gestraf.

In ʼn verklaring sê die G7 groep dat die groot getalle Russiese troepe naby die oosgrens van die Oekraine wat sonder vooraf kennisgewing ontplooi is, verteenwoordig ʼn klimaat van destabilisering en moet gestaak word.

Die vorige gevegte wat in 2014 begin het tussen pro-Russiese rebelle en soldate van die Oekraine, het sodanig ontwikkel dat daar uiteindelik 14,000 mense omgekom het in die gevegte.