Frankryk tree in oor Chad regering

President Emmanuel Macron van Frankryk het nou sy stem laat hoor in die Afrika staat Chad waarvoor hy dekades lank ʼn uitstekende verhouding gehandhaaf het.

Die Franse president het ʼn beroep gedoen op die militêre Juta in die land om die demokrasie te herstel deur die burgerlike regering te hervestig.

Macron het aanvanklik sy steun gegee vir die burgerlike-militêre kombinasie van oorgangsregering wat ontstaan het na die dood van die president wat deur rebellemagte doodgeskiet is.

Die onverwagse dood van President Idriss Deby het die land ontwrig, en het sy oudste seun die leisels geneem te midde van grootskaalse ontevredenheid onder die kiesers.

President Macron het die DRK se president, Felix Tshisekedi, besoek om die situasie in Chad te bespreek, maar of daar enige waarde in die besoek was, is onbekend.

President Macron het intussen gevra dat ʼn regering saamgestel word uit burgerlike verteenwoordigers, wat as tussentydse regeerders kan optree tot ʼn presidentsverkiesing oor 12 tot 18 maande gehou kan word.