Frankryk het vreemde inenting program

Frankryk het sedert die naweek ʼn nuwe metode om mense onder die ouderdom van 55-jaar te immuniseer wat reeds die eerste dosis van AstraZeneca gekry het.

Die Vryburger se medewerker in Frankryk sê die mense onder 55 jaar wat reeds die omstrede eerste inenting gekry het van die AstraZeneca entstof, gaan hulle tweede dosis kry van ë ander entstof, maar beslis nie van die entstof wat mense bloedklonte laat kry, en waarvan daar reeds sowat 12 mense gesterf het nie.

Die reëling sal van toepassings wees op sowat 500,000 Franse burgers wat reeds die eerste dosis ontvang het.

Frankryk het die reëlings getref nadat vasgestel is dat mense in die ouderdomsgroep van 35 en jonger, bloedklonte kan kry met inenting van AstraZeneca entstof, en daarom is mense onder die 55-jaar geskeduleer om met ander entstof hulle tweede inspuiting te kry.

Die owerheid het ook besluit dat mense onder 55 jaar wat reeds een inspuiting ontvang het van AstraZeneca, sal hulle tweede inspuiting kry met Pfizer se entstof.