FNB wil takkantore opgradeer

Gedurende 2020 het FNB sowat 150 takkantore opgradeer om bankdienste te verbeter en kliënte se bank ervarings te verbeter.

Vanjaar wil die Bank, te midde van die stadig groeiende ekonomie, ʼn verdere 53 takkantore opgradeer, en gaan nuwe tegnologie aangewend word om die Bank op internasionale standaard te bring.

Dit 600 takkantore sal met die nuwe tegnologie ʼn aansienlike verskil maak aan wat kliënte kan doen sonder om die takkantoor te besoek, maar sal ook ʼn meer aangename ervaring beleef wanneer die takkantoor besoek word.

Die Suid-Afrikaanse bankwese het swaar getrek gedurende 2020, maar kenners wys daarop dat die bankdienste in Suid-Afrika nie terugstaan vir wat in Westerse lande aangebied word nie.

Die koms van meer moderne slimfoon geriewe het ook by bankiers byval gevind, en deesdae word die foon ook beskou as die tjekboek van die kliënt.