EU oorweeg regstappe teen AstraZeneca

Die Europese Unie gee ernstige oorweging aan die moontlikheid om regstappe in te stel teen die vervaardigers van AstraZeneca entstof wat gebruik word teen koronavirus infeksie.

Die regstappe word oorweeg aangesien die maatskappy in gebreke bly om aflewering van entstof bestellings volgens die ooreenkoms, na te kom.

Duitsland en Frankryk het egter versoek dat daar nog gewag word voor regstappe ingestel word aangesien die twee lande meer tyd nodig het om te besin oor die aangeleentheid.

AstraZeneca is reeds aan die worstel nadat hulle produk deur talle lande verwerp is weens die ondoeltreffendheid teen verskeie variant koronavirus in ander lande.

Die Europese Unie se oorweging van regstappe kan die maatskappy se situasie ernstig benadeel en meningsvormers reken dit kan selfs die einde van die entstof se voortgang beteken.

ʼn Woordvoerder van AstraZeneca sê egter die Brits-Sweedse farmaseutiese maatskappy was onbewus van die wetlike aspekte en het deurlopend besprekings gevoer met EU ledestate oor die lewering van voorraad.