EU gebelgd oor onbeskofte Turkse president

Die Europese Kommissie het skerp gereageer nadat die hoof, Ursula von der Leyen met haar besoek aan Turkye, nie eers gevra is om te sit nie, en moes sy staan terwyl die president en haar manlike beampte in sagte stoele sit en praat.

Die onbeskofte wyse waarop die Turkse president, Recep Erdogan, haar in die hoofstad Ankara ontvang het, spreek van onbeskoftheid en moedswillige uittarting.

Erdogan het met die president van die Europese Raad, Charles Michel gesit en gesprek gevoer, terwyl Ursula von der Leyden moes staan omdat daar nie voorsiening gemaak is vir haar om te sit nie.

Later is sy gevra om op n sofa te sit wat ʼn ent weg is van waar die twee mans sit en verkeer sy in ʼn posisie wat haar verder verneder het omdat dit direk in stryd is met die protokol wat toegepas moes word.