EU dagvaar AstraZeneca oor aflewering

Die Europese Unie sê hy het ʼn regsgeding begin teen die entstof vervaardiger AstraZeneca wat nie gehou het by sy kontrak vir die lewering van koronavirus entstof nie.

Die Sweed-Britse maatskappy het n koronavirus entstof vervaardig wat tans in Europa goedgekeur is, maar die EU beweer dat aflewering nie volgens ooreenkoms plaasvind nie.

Die Europese Kommissie het bevestig dat AstraZeneca hof toe gedwing word nadat menige lidlande van die EU hulle besware geopper het oor die feit dat hulle inenting veldtogte nie vorder nie weens die swak diens van AstraZeneca wat nie hulle deel van die ooreenkoms nakom nie.

Die 27 lidlande van die Europese Unie (EU) het hulle goedkeuring gegee dat die farmaseutiese maatskappy tot verantwoording geroep word in die hoogste hof in Europa.

Die EU sê die maatskappy het nie met ʼn geloofwaardige strategie gekom om lewering van entstof uit te spel nie, en die hele Europa is in 4 ernstige krisis as gevolg van die swak aflewering.

Kenners meen die situasie kan lei tot ë lang uitgerekte reeks hofsake van mense wat individueel of gesamentlik optree weens hulle eie besondere omstandighede .

Volgens ooreenkoms moet AstraZeneca 180 miljoen dosisse entstof aan die EU lewer in die tweede kwartaal van 2021, en ʼn totaal van 300 miljoen moet einde Desember afgelewer wees.