Eskom in ooreenkoms met Munisipaliteit

Eskom en die Msunduzi Munisipaliteit het in ʼn ooreenkoms gekom rakende reëlings om die munisipaliteit by te staan met onderhoud van Durban se elektriese infrastruktuur en sy kapasiteit uitbouing.

ʼn Geskrewe memorandum is die week deur die twee partye onderteken, en die kragvoorsiener sê dit is ʼn drie jaar ooreenkoms en gedurende die tydperk sal die munisipaliteit bygestaan word met die herbou van die tegniese sowel as die administratiewe aangeleenthede.

Eskom sal ook behulpsaam wees met die invorderings van uitstaande bedrae van elektrisiteit rekeninge, maar die kragvoorsiener sal as die Netwerk Onderhoud Dienste Agentskap optree terwyl vaardigheid ook aan personeel oorgedra sal word sodat hulle die werk korrek sal verrig.

Onbevestigde berigte dui daarop dat Eskom ook ʼn aantal substasies van die munisipaliteit gaan oorneem, maar dit is onduidelik of dit slegs vir die tydperk van die ooreenkoms is wat op 3 jaar gestel is.

Deskundiges wys daarop dat die munisipaliteit na 27 jaar van oorname deur die ANC, steeds nie bevoeg is om die werk te doen nie, en word Eskom nou betrek om die vaardigheid aan personeel oor te dra.