Eskom in dispuut oor miljarde Rand

Eskom Holdings is in ʼn ernstige dispuut gewikkel met ʼn verskaffer, Oracle Corp’s SA, wat beweer die kragvoorsiener is sowat R7 miljard aan hom verskuldig.

Eskom is glo nie van plan om die stewige bedrag, waaroor hy ook nie beskik nie, te betaal, en nadat die Oracle entiteit sy bedrag afwaarts aangepas het, het Eskom met ʼn ander aanbod gekom.

 Die staatsbeheerde Eskom het glo bevestig dat hy in ʼn dispuut is met die Oracle maatskappy en daar verskille bestaan oor die R7.3 miljard wat later deur Oracle verminder is na minder as R6 miljard.

Eskom het daarna met ʼn aanbod gekom dat hulle bereid is om R166 miljoen te betaal, en dreig om die diens van Orancle te beëindig.

Waarnemers sê die moontlikheid is nie uitgesluit dat die dispuut later in die howe beslis sal word nie.