Eskom hou “uitverkoping”

As deel van sy pogings om geld in die hande te kry, het Eskom besluit om van sy geboue te verkoop, en is die aankondiging ingelei met die eerste twee geboue reeds te koop gebied.

Die twee geboue is aan die Departement van Water en Sanitasie verkoop, en volgens die kragvoorsiener sal die transaksie help om verligting te bring op die swaar skuldlas van ʼn reuse bedrag wat oor jare opgebou is.

 Die geboue sal ook verligting bring aan die tekort van huisvesting vir universiteit studente en ander mense wat huisvesting nodig het,

Die twee toring geboue, een in Kimberley en die ander een in Johannesburg, sal waar nodig omskep word in woon eenhede, en die R76 miljoen wat dit vir Eskom inbring is die eerste van ʼn totale verkoop program wat na raming R2 miljard sal bring na Eskom se bankrekening.

Personeel wat in die geboue gehuisves is, het intussen reeds verskuif na ander wooneenhede, en die verkoop transaksies vorm glo deel van die goedgekeurde strategie om onnodige eiendomme te verkoop.