Entstof: Britte kry talle met bloedklonte

Brittanje het bekend gemaak dat hy minstens 30 pasiënte het wat bloedklonte opgedoen het nadat hulle met die AstraZeneca entstof ingespuit is.

Die vorige maand het Brittanje rapporteer dat 5 pasiënte ʼn bloedklont opgedoen het na ʼn inenting gedoen is met die AstrZeneca entstof.

Verskeie lande in Europa het die gebruik van die entstof gestaak, maar amptelike geneeskundiges glo dat die voordeel om wel die entstof te gebruik, beter is as om daarsonder te wees.

Verlede maand het Brittanje 11 miljoen mense met die entstof geïmmuniseer waarvan 5 mense glo bloedklonte opgedoen het.

Onbevestigde berigte lui dat 22 pasiënte na inenting met sinus trombose en brein defekte gesukkel het en ʼn aantal het bloedklonte opgedoen.