Engeland: Infeksies daal dramaties

Die inligting uit twee afsonderlike studies wat in die Verenigde Koninkryk gedoen is, toon dat ʼn dramatiese afname in nuwe infeksies plaasvind.

Die gegewens wat vrygestel is toon dat die infeksie van koronavirus by volwassenes van alle ouderdomme met 65% verminder het na die eerste dosis van Pfizer en AstraZeneca entstof toegedien is.

Die merkwaardige is ook dat simptome van infeksie met 74$ gedaal het  en infeksie met geen simptome het met 57% verminder.

 Dit is ook vasgestel dat die entstof meer doeltreffend by ouer persone is as wat die geval by jongmense is, en wetenskaplikes sê die werklike uitkoms met die immunisering is uiters belowend.

Die gegewens is in samewerking met die Departement Statistiekdiens bekom, en word allerweë deur die Britte verwelkom.

Die Verenigde Koninkryk het die afgelope maande met ʼn enorme poging begin om mense te immuniseer, en minstens 100,000 word daagliks ingeent.