Elektrisiteit: Regering wil skepe huur

Die ANC regering beplan om gebruik te maak van skepe wat elektrisiteit opwek om die tekorte aan te vul omdat Eskom nie in die vermoë is om voldoende krag te lewer aan Suid-Afrika nie.

Alhoewel die Minister van Energie, Gwende Mantashe se departement onder kruisverhoor geneem is in die parlement oor die wenslikheid, en die koste verbonde aan so ʼn moontlikheid, blyk dit vir kenners meer na wensdenkery as werklikheid.

Deskundiges op die gebied van energie het die moontlikheid skerp bevraagteken, en die gevoel bestaan dat dit nie net ʼn onnodige duur projek sal wees nie, maar ook uiters onprakties.

Ingeligte bronne reken die geld wat daarvoor betaal sou moes word, kan eerder aangewend word om meer son-plase op te rig wat ook meer permanent is en waarvan die instandhouding relatief laag is.