Ecuador kies konserwatiewe president

Guillermo Lasso, ʼn voormalige bankier en konserwatiewe politieke leier, het die presidentsverkiesing van die land gewen  en die sosialisme is verwerp.

Met 96% van die stemme getel, het dit duidelik geword dat die gewilde leier die voortou geneem het, en hy het daarna self verklaar dat hy as oorwinnaar die nuwe president sal wees.

Die sosialistiese opponent het 47% van die stemme gekry teen Lasso se 53%, wat volgens politieke ontleders ʼn verrassende uitslag is aangesien die algemene gevoel was dat die sosialis, Andre Araus die stryd sou wen.

Lasso het daarna aan ondersteuners gesê die kiesers het gestem ten gunste van veranderings en verbetering van lewe vir almal.

 Die opponent het vroeër die dag al aangedui dat hy die verkiesing wen, en moes enkele ure later tot die besef gebring word dat hy die verloorder is.