Duitsland vra aksie teen Mianmar kapers

Die Minister van Buitelandse Sake in Duitsland het ʼn dringende beroep gedoen op wêreldleiers om die druk op Mianmar se Juta te verhoog weens die gewelddadige optrede teen die teen-staatsgreep protesteerders.

Die militêre staatsgreep wat deur weermag generaals uitgevoer is teen die wettige regering van die land, het groot ontevredenheid in Westerse lande tot gevolg, en word die protesteerders morel ondersteun, maar dit het geen positiewe uitwerking om van die generaals se onwettige regering ontslae te raak nie.

 Kommer bestaan dat die Staatsgreep wat nou reeds weke gelede uitgevoer is, kan lei tot ʼn algemene burgeroorlog, wat nie deur die protesteerders gewen sal word sonder buitelandse hulp nie.

 Die Duitse minister Maas het gesê niemand is werklik bekommerd oor die moontlikheid dat ʼn burgeroorlog kan uitbreek wat duisende mense se lewens sal raak nie, terwyl die demokrasie uiteindelik in die slag kan bly.

Minister Maas sê die generaals sê Staatsgreep het die land tot ʼn rampgebied geneem, en met die meer as 500 mense wat deur die militariste gedood is in skermutselings, vra dit dringende en sterk optrede van elke land, het hy bygevoeg.