Duitsers wil Islamiete teenstaan

Die gematigde konserwatiewe regering van Kanselier Angela Merkel beplan nou om die bande met die Islamitiese groep in die land te verbreek en die ondersteuning aan politici uit die Islamitiese kamp te staak.

Die Duitse tydskrif Die Welt het die inligting bekend gemaak en bestempel die Islamitiese groep as die “Groot Moslem Sambreel”.

Die nuwe wending volg waarskynlik uit die bedeling wat deur Merkel begin is toe sy Duitsland se grense oopgestel het vir mense uit Afrika en Islamitiese state om as vlugtelinge gehuisves te word. Konserwatiewe leiers in haar party het later gedreig om die party te verlaat en daaruit is die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland gebore.

Die regerende party het besluit om te blokkeer dat samewerking verder verleen word aan verdagte gevalle van organisasies en strukture wat ondersteuning geee aan die politici van Islamitiese assosiasie.

Die groep wat die plan deurvoer is volgens menings vormers, nooit tevrede gewees met Merkel se “oop deur” benadering nie, en wil nou die aangeleentheid met mening omdraai, veral omdat Merkel se termyn haas ten einde loop en sy nie weer verkiesbaar is nie.