Duitsers in groot ontevredenheid

Die koronavirus situasie het in Duitsland gelei tot ernstige bedenkinge oor die regering se optrede, en groot ontevredenheid is besig om pos te vat regoor die 16 deelstate.

Die Minister van Gesondheid bepleit strenger en “harder” maatreëls in die lig van die tekort aan entstof wat die tempo van die inentings veldtog verlangsaam het.

 Kanselier Merkel het bekend gemaak dat sy onderhandelings voer met Rusland om van die land se Spoetnik 5 entstof te bekom sodat die veldtog met groter spoed gevoer kan word.

Duitsers verkwalik die owerheid daarvoor dat die entstof aflewerings te stadig is en sê die druk op verskaffers moes lankal vergroot geword het en uitvoer van entstof wat in Duitsland vervaardig is, moes tydelik gestop gewees het.

Honderde mense sê hulle is ontevrede omdat hulle in lang toue moet staan en wag om geënt te word, en meer beamptes moet by sleutel punte wees om die toestroming te hanteer.