Duitse leier vra strenger inperkings

Armin Laschet het met skeptisisme by politici van opposisiepartye voorstelle aangehoor wat die gesukkel om van die derde pandemie ontslae te raak, te probeer oorbrug.

Laschet is die voorsitter van die Christen Demokrate Unie en is ook die premier van die Rhyn-gebied en het ʼn oproep gedoen om die inperkings maatreels veel strenger te maak ten einde die verspreiding van infeksie te onderdruk.

Sy oproep is egter met teensin begroet deur sy mede-parlementslede wat nie soos hy dink oor die saak nie, maar intussen sukkel Duitsland om genoeg entstof te bekom om ʼn grootskaalse inenting veldtog te dryf.

Armin Laschet word beskou as die moontlike opvolger vir Bondskanselier Angela Merkel wat aangekondig het dat sy nie weer verkiesbaar is vir die amp as kanselier nie.

Hy het gesê die beplande vergadering tussen die Federale regering en die premiers van die 16 deelstate moet vinnig plaasvind sodat vaste reelings getref kan word oor hoe die pandemie bestry sal word.