Duits-Franse vegvliegtuig in aanbou

Die nuwe vegvliegtuig wat gesamentlik deur Duitsland en Frankryk ontwikkel word, is nog ver van gereed, maar die miljard euro projek beloof om die mees moderne vegvliegtuig ter wêreld op te lewer.

Die Duitse Minister van Verdediging, Annegret Kramp-Karrenbauer, het gesê die ontwikkeling van die vegvliegtuig is nou in ʼn “baie delikate fase” en kenners reken dit sal die wêreld se mees gevorderde vegvliegtuig wees.

Die nuwe vegvliegtuig sal minstens gelykstaande wees aan die VSA se F-22 Raptor wat beskou word as die mees moderne vegvliegtuig, en die eerste toets vlugte sal eers in 2026 uitgevoer word.  

Die ontwikkeling van die vegvliegtuig, en die bestaan van die Amerikaanse F-22 plaas geweldige finansiële druk op Rusland om te kompeteer, en met Sjina se moontlike hulp aan Moskou, sal ʼn nuwe wapen wedloop begin.