Duikboot met dosyne mense verdwyn

Die Duikboot KRI Nanggala-402 is gedurende 1977 in Wes Duitsland gebou, en die owerheid van Indonesië het probeer om die vermiste boot met dosyne mense aan boord, op te spoor.

Die boot is egter op onverklaarbare wyse weg met die talle mense aan boord nadat dit gestop het om te reageer op die kommunikasie sisteem.

Die Indonesiese Nasionale Weermag se bevelvoerder, Hadi Tjahjanto, sê die duikboot het verdwyn in die water sowat 100 km ten noorde van die eiland Bali.

Op die tydstip wat toestemming gegee is dat die duikboot mag duik, en die klaring gegee is, is kontak onmiddellik verloor.

Die boot is een van vyf duikbote wat deur Indonesië besit word, en die owerheid het nou die hulp van Australië gevra sowel as die owerheid in Singapoer om te help soek na die boot, en skepe wat in die omgewing is word versoek om op die uitkyk te wees, veral die skepe wat onder water soek kapasiteit het.