Drie lande se gesprek oor dam misluk

Soedan en Egipte se groeiende bekommernis oor die uiteindelike gevolge van die dam wat in die Nyl Rivier deur Ethiopië gebou word, het die week sterk na vore gekom toe die goed beplande gesprek op ʼn mislukking uitgeloop het.

Deskundiges oor internasionale waterregte sê die situasie kan lei tot die begin van ʼn oorlog tussen die drie, wat die toekoms van die Grand Ethiopian Renaissance Dam kan bepaal, wat selfs die vernietiging daarvan kan beteken.

Die Dam wat sedert 2011 in aanbou is, nader nou die tyd waar die Nyl se water vir n lang tyd opgedam gaan word wat Egipte se water vir lang tye kan afsny, terwyl dit die land se lewensaar is vir sy voedsel produksie op die wal van die reuse rivier.

Die samesprekings het Woensdag tot ʼn einde gekom nadat geen ooreenkoms bereik kon word nie, en die drie lande met afsonderlike sienings oor hoe die ooreenkoms behoort te lyk, verskil so groot dat geen kompromie bereik kon word nie.

Enkele maande gelede het die VSA probeer om die drie tot ooreenkoms te bring, maar dit was ʼn vrugtelose poging.

Alhoewel die drie lande poog om gemeenskaplike gronde te vind sodat ʼn ooreenkoms bereik kan word, hoe verder dryf hulle weg van mekaar.

Die gasheerland, die DRK, kon die drie lande se leiers nie in Kinshasa hou nie, en het elkeen op eie stoom die verrigtinge verlaat.

 Volgens nuusberigte het Soedan geweier om die terme van ʼn voorlopige ooreenkoms te aanvaar, waarna die gesprek tot ʼn onvermydelike einde gekom het.