Drie Afrika lande in gesprek oor Nyl dam

Ethiopië, Egipte en Soedan het die afgelope naweek ontmoet om weer die “Grand Ethiopiese Renaissance Dam” te bespreek wat sedert 2011 kommer wek oor die invloed wat dit op die Nyl se vloei uitoefen.

Die drie lande waardeur die Nyl rivier vloei het in dispuut gegaan oor Ethiopie wat ʼn reuse damwal bou en wat daarmee die Egiptiese lewensaar afsny.

Soedan kla oor die dam so groot is dat die water ʼn groot deel van sy grondgebied bedek, en wil die water gebruik vir eie doeleindes omdat dit op sy grond is.

Ethiopië sê die dam is nie net ʼn opgaardam nie, maar ook die grootste struktuur wat hidro-elektriese krag opwek wat groot dele van Afrika van krag sal voorsien.

 Die drie lande het in die Kongo vergader die afgelope Saterdag, maar of enige vordering gemaak is om ʼn ooreenkoms te bereik, is onbekend.