Dreigende gevaar tussen Rusland en Oekraine

 Ingeligte bronne sê daar heers ernstige kommer in die Oekraine weens die teenwoordigheid van Russiese militariste op die grens tussen die twee lande.

Die vorige skermutseling tussen die twee lande het op soortgelyke wyse begin toe Rusland uiteindelik ʼn deel van die Oekraine se grondgebied opgeëis het omdat dit “histories aan hom behoort het”.

Kiv sê die Kremlin bou weer ʼn militêre mag op naby die grens en het reeds die skietstilstand ooreenkoms tussen die twee lande verbreek.

Rusland het intussen ʼn dreigement geuiter dat enige konflik tussen die twee lande sal beteken dat hy die Oekraine sal vernietig.

In die oostelike stad Dometsk

Rusland se huidige eskalering is sistematies en die grootste wat in die afgelope jare die geval was, en ʼn ernstige bedreiging vir vrede, het die woordvoerder van die Oekraine gesê.

Rekords toon dat die skietstilstand ooreenkoms op 29 Maart nie minder as 493 keer verbreek is nie, wat rede bied vir ernstige kommer oor die Russiese aggressie.