Dosyne sterf in trein botsing

Sowat 500 mense was in die trein toe dit ontspoor het in Taiwan, by die ooskus wat reddingswerkers ure lank besig gehou het om mense uit die wwrakke van treinwaens te verlos.

Baie mense was so vasgekeer in die trein dat reddingswerkers met spesiale toerusting die wrakstukke verwyder het, en moes vind dat dosyne mense omgekom het.

Die ongeluk is die grootse wat nog in Taiwan se geskiedenis gebeur het, en alhoewel daar onsekerheid is oor hoeveel mense omgekom het, s2 woordvoerders van die owerheid dat minstens 48 mense dood is en baie is na hospitale geneem om vir beserings behandel te word.

Die Minister van Vervoer in Taiwan, Lin Chia-Lung sê daar was 490 mense in die trein waarvan 48 oorlede is.