Diesel vragmotors word dalk vervang

Die brandstof vervaardiger Sasol, het aangekondig dat hy in samewerking met Toyota SA beplan vir die ontwikkeling om “groen waterstof” as brandstof te produseer vir swaar vragmotors.

Die beplanning is glo om vragmotors wat op die N3 tussen Johannesburg en Durban ry, te betrek om die voorgestelde plan te toets.

Sasol gaan blykbaar in samewerking met Toyota die projek begin, en daarmee poog om sy eie aanleg te omskep na een wat “groen brandstof” produseer in plek van die baie diesel wat tans vervaardig word en ernstige besoedeling veroorsaak.

Met Toyota Motor Corp. betrokke is by die projek, sal die N3 as “toets roete” gebruik word om die swaarvoertuie wat lang afstande aflê, toegerus word met waterstof as brandstof, en kan dit volgens kenners, ʼn reuse nywerheid omwenteling veroorsaak wat ook besoedeling verminder.

Sasol het glo ʼn teiken datum gestel om teen 2030 sy aandeel in besoedeling drasties te verlaag.