Die Taliban se onverdiende roem

Gedurende 2020 het die voormalige president van Amerika, Donald Trump, sy verkiesingsbelofte tot uitvoer begin bring deur troepe uit Afghanistan te begin onttrek.

Trump sê standpunt was deurlopend dat die betrokkenheid van VSA troepe in die oorlog geteisterde land geen voordeel vir Amerika inhou nie, en die verlies aan lewe van talle soldate moet beëindig word.

Die laaste troepe sal in September vanjaar onder die Joe Biden administrasie onttrek word, en politieke ontleders vind dit uitermatig vreemd dat Biden uitsprake maak asof hy besluit het om die 20 jarige oorlog aldaar te beeindig.

Die onttrekking van soldate deur die VSA regering word ook opgevolg deur die Verenigde Koninkryk en Duitsland wat Amerika se voorbeeld volg.

Die Taliban het by aanhoor van die onttrekkings, hom aangematig om te beweer dat hy “die oorlog gewen het” en dat die VSA die verloorder is.

Die aanname wat ʼn verwronge beeld probeer voorhou van wat werklik gebeur het, kan lang debatte uit lok, maar dat die Taliban die oorlog gewen het, is ver van die werklikheid. Dit is immers hierdie selfde Taliban wat bereid was om te onderhandel vir vrede, en as hy die oorwinnaar was, sou hy so ʼn onderhandeling verwerp het en die verloorder sy onderdaan gemaak het.