Die salaris oorlog kom

Vakbonde gaan die regering se argument nie aanvaar dat die land geen geld het vir salarisverhogings nie.

Die klanke word reeds gesein dat verhogings van tot 15% geëis word, wat sekerlik nie toegestaan gaan word nie, en wat die begin van die lang verwagte “oorlog” kan begin.

Minister Senzo Mchunu het reeds die deur oopgemaak dat die regering nie geld vir verhoging in salarisse het nie, en vakbonde moet hulle lede gelukkig hou, en het oor 25 jaar daarin geslaag om hulle gelukkig te hou met onrealistiese hoë salaris verhogings.

Nou is die kraan toegedraai want honderde ANC ondersteuners het oor 25 jaar met korrupsie en diewery, die land bankrot gesteel.

Die oorlog is aan die broei, en die uitkoms gaan nie goed wees nie. Straat optogte, stukkende winkelvensters, asdromme omgesmyt, voertuie wat brand, stakings en ʼn klomp verlore stemme in die Oktober verkiesing vir die regeringsparty, is alles moontlikhede wat wag om te gebeur, sê politieke ontleders.