Die rassisme van vandag

Lees ons die koerante, luister na radio uitsendings, kyk TV programme, dan staan jy verslae oor die nuusdekking wat verleen word aan die moord van George Floyd van Amerika.

Die polisiebeampte wat nou skuldig bevind is gaan baie jare agter tralies deurbring, en sal waarskynlik reeds 71 jaar wees voor hy die tronksel sal verlaat.

In Suid-Afrika is blankes ook in die skyf weens die beweerde moord op twee swart broers in Oos-Transvaal.

Vorige keer het een getuie blatant gelieg dat hy sou sien hoe twee blankes ʼn swarte van die bakkie afgooi om hom dood te val, terwyl die waarheid verdoesel is want hy het probeer vlug toe hy na die polisiestasie geneem sou word. Toe spring hy van die bewegende voertuig af en val hom dood.

Twee ander blankes sit in die tronk weens beweerde poging tot moord omdat hulle ʼn oortreder in ʼn doodkis aangehou het.

Daar is sekerlik nog voorbeelde, soos die blanke wat n werker aan ʼn tou vasgemaak het en hom met sy voertuig gesleep het ….

Uit bovermelde is dit duidelik dat al hierdie gevalle een ding in gemeen het: Blanke geweld op swartes. En dit word elke keer begroet met massa optogte, slagspreuke en woede buie wat haas onbeheerbaar is.

Maar hoe vergelyk dit met die stille dood van honderde blankes op hulle plase. Die voorvalle gaan stil-stil die grafkelder binne, en geen haan kraai weer daaroor nie, behalwe ʼn treurende familie wat magteloos sien hoe swart rassisme jubelend voortgaan sonder slag of stoot, sonder massa optogte, sonder gebalde vuiste in die openbaar, sonder om eiendom van ander te beskadig en sonder om haat veldtogte te begin.

Die wêreld begryp dit nie, en die meerderheid swyg terwyl die swart mag oor ons troon.

Andries Lategan